Broodkrummels (navigasie)

Broodkrummels op 'n webbladsy.

Broodkrummels is 'n metode wat op die koppelvlakke van rekenaarprogramme en webtuistes gebruik word om gebruikers te wys waar hulle hulself bevind. Dit vergemaklik dus navigasie deur die koppelvlak.

Die term is vermoedelik vanaf sprokies soos Hansie en Grietjie en Kleinduimpie afkomstig. In die stories laat die karaters 'n spoor van broodkrummels, sodat hulle later hulle weg terug kan vind (dis nou as die voëls dit nie oppik nie).[1]

  1. Mark Levene (18 Oktober 2010). An Introduction to Search Engines and Web Navigation (2nd uitg.). Wiley. p. 221. ISBN 978-0470526842. Besoek op 12 November 2012. (en)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne